15. Opgeleide werktuigkundiges werk aan Braud-oesmasjiene en ander groot werktuie.
Die kinders leer om die groente te plant en te versorg. Wanneer dit gereed is, kan hulle die produkte verkoop of huis toe neem. Só word praktiese vaardighede, verantwoordelikheid en die waarde van voedselproduksie van jongs af vasgelê.
Of jy nou’ n kommersiële produsent, kleinskaalse boer, kontrakteur, huiseienaar, jagter of tuinier is, Agrimark Vredendal bied’ n wye reeks produkte, plaaslike kundigheid en praktiese diens om jou werk makliker te maak.