Sekere masjiene gebruik gevorderde Telematics-tegnologie wat die span in staat stel om hulle oor afstand te monitor. Inligting oor enjinwerking, temperature en brandstofverbruik kan op intydse skerms nagegaan word.
“ Ons kan’ n eienaar waarsku as’ n masjien se enjin te warm loop of wanneer dit tyd raak vir’ n diens. Dit help om probleme vroeg op te spoor, stilstand te beperk en tyd en geld vir klante te bespaar,” verduidelik Ben.
Deel van die gemeenskap
Agrimark Vredendal ondersteun ook plaaslike gemeenskapsprojekte. Die winkel is betrokke by die Angel Project, wat verwaarloosde diere versorg en steriliseer, en ondersteun Vrolike Vinkies-kleuterskool en nasorgsentrum met groenteplantjies en saad.
14. Ben van Niekerk monitor swaar grondverskuiwingstoerusting vanaf sy rekenaar.