MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | Page 65

WINKEL
WINKEL

13.

13. Ben van Niekerk, die bestuurder van Agrimark Mechanisation Vredendal, en sy bemarker, Pieter van Zyl, by van die groot trekkers en oesmasjiene wat hulle verkoop en diens.

Die eie werkswinkel maak dit ook moontlik om sweis- en vervaardigingswerk aan druiwebakke en ander implemente te doen. Die span pak soms ook ongewone herstelwerk aan.

“ Ons het al’ n roomysmasjien vir die plaaslike kitskosrestaurant en’ n aartappelskiller vir’ n vis-en-skyfiewinkel herstel.“ Ons span skrik nie vir ongewone herstelwerk nie,” skerts Ben.

Pieter vertel dat sogenaamde geelmasjiene, oftewel grondverskuiwingstoerusting, ook’ n belangrike rol in die omgewing speel. Sommige produsente verhuur dié masjiene aan kontrakteurs vir werk by nabygeleë myne of vir padherstelwerk.

MARKtoe! Julie 2026 65