Landboubemarker André Esterhuyse fokus veral op produkte vir die oprigting en instandhouding van infrastruktuur op plase en in die dorp.
Dit sluit pale, draad, grondbedekking, kunsmis en besproeiingstoerusting in.
“ Infrastruktuur is dikwels een van die grootste kapitale uitgawes waarin produsente belê. Daarom is dit belangrik dat hulle die regte produkte, goeie waarde en betroubare diens kry,” sê hy.
André kom uit’ n landbou-agtergrond en het in die Klein- Karoo grootgeword. Hy het op oesmasjiene gewerk en ervaring van windpompe, skape en algemene plaaswerk opgedoen. Dié praktiese kennis help hom om produsente en hul aankoopbesluite beter te verstaan.
“ Ek is deeglik bewus van die kosteknyptang waarin produsente hulle bevind. Ons benadering fokus nie net op wins nie. Ons stel opreg belang in hul ondernemings en probeer ons pryse en diens aanpas om die beste moontlike waarde te bied.”
8. Crecon Nols is die verfspesialis by Agrimark Vredendal. 9. Mariza Coetzer,’ n bokboer van Vredendal, is’ n gereelde klant by Agrimark Vredendal en koop onder meer veemedisyne en voer daar.