10. Die Expressmark is’ n geriefswinkel wat langs Agrimark Vredendal geleë is.
’ n Breë aanbod
Agrimark Vredendal se aanbod strek verder as tradisionele landbouprodukte. Die winkel beskik oor’ n volledige verfmengsentrum met handelsmerke soos Plascon en Dulux, asook Agrimark se eie verfreeks, wat reeds heelwat aftrek kry. Loodgieterprodukte, pype en pompe vir besproeiing is ook beskikbaar.
Onder leiding van handelsklerk Lindie Engelbrecht het die winkel onlangs begin om binnenshuise plante aan te bied.
Jagters en skuts kan reeds bykomstighede soos geweersakke en teleskope koop, terwyl verdere uitbreiding van dié afdeling beplan word.