MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | Page 61

WINKEL
WINKEL

“ Ek kry hier die voer wat in my bokke se daaglikse voedingsbehoeftes voorsien, asook volledig gebalanseerde hoenderkos. Dit help my om seker te maak dat die diere die regte voeding ontvang en dat minder voer vermors word,” sê sy.

Die winkel bied’ n verskeidenheid voere, lekblokke, mielies en melassestroop aan.“ Hulle tref nie onderskeid tussen groot- en kleinskaalse boere nie. Almal is ewe belangrik en die personeel toon ware belangstelling in jou behoeftes en die welstand van jou diere,” voeg Mariza by.

“ Almal is ewe belangrik en al die personeel toon ware belangstelling in jou behoeftes – in die welstand van jou en jou diere.”- Mariza Coetzer, bokboer

Produsente kan ook hier pale, draad, plastiekseil en materiaal vir beskermende nette oor druiwe- en vrugteboorde kry. Die winkel verkoop pakmateriaal vir die groentebedryf, asook werksklere, persoonlike beskermingstoerusting, skoene en winterbaadjies.

7. Die voorraadstoor, waar kunsmis en saad geberg word, is netjies ingerig en maak maklike voorraadhantering moontlik.

7.

MARKtoe! Julie 2026 61