MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | Page 60

WINKEL
WINKEL

4.

5. 6.

4. Hondekos, troeteldierspeelgoed en peuselhappies vir diere is van die gewilde items in die kleinhandelafdeling. 5. Gregory Julies kan raad gee as dit kom by tuinplante en die regte saad vir’ n groentetuin. 6. Anthony Valentyn by die gewilde INGCO-reeks kraggereedskap.

Die streek is bekend vir tafel-, wyn- en droogdruiwe, appelkose en groente soos blomkool, brokkoli en tamaties. Groentesaad, waaronder uiesaad, vorm ook’ n belangrike deel van die plaaslike landboubedryf. Daar is verder talle produsente wat met skape, beeste en bokke boer en ook pluimvee aanhou.

Almal ewe belangrik

Mariza Coetzer, wat net buite Vredendal met boerbokke boer, koop haar bok- en hoendervoer by Agrimark Vredendal. Sy waardeer veral dat die personeel dieselfde aandag aan groot en klein produsente gee.

60 MARKtoe! Julie 2026