“ Ek is gereeld hier by Agrimark Vredendal. Ek koop hier omdat ons goeie pryse en uitstekende diens kry,” sê Martin van Heerden, wat onderdele vir sy onderneming koop.
Aan die stuur van die winkel staan Esna Goosen, wat ook verantwoordelik is vir Agrimark Liquor en Expressmark langsaan. Volgens haar verstaan die span die omgewing en help hulle graag klante.
“ Ek is gereeld hier by Agrimark Vredendal. Ek koop hier omdat ons goeie pryse en uitstekende diens kry.”- Martin van Heerden, tevrede klant
“ Ons bedien’ n groot en uiteenlopende landbougebied. Landbouprodukte en-dienste bly ons grootste fokus, maar ons kleinhandel- en huishoudelike produkte is ook gewild onder inwoners van die dorp en omliggende gebied.”
2. Agrimark Vredendal is ruim, wat verseker dat klante gemaklik tussen die rakke en afdelings kan beweeg. 3. Esna Goosen is die takbestuurder van Agrimark Vredendal.