Om suksesvol in landboukleinhandel te wees en hoë diensstandaarde te handhaaf, moet’ n mens die landboubedryf en plaaslike produsente goed verstaan. Dit is presies die indruk wat’ n mens kry wanneer jy met Agrimark Vredendal se personeel gesels. Hier ken hulle die streek, sy boerderye en die produkte wat plaaslike produsente nodig het.
1.
Dié kennis is veral waardevol wanneer omstandighede moeilik raak. Ná die onlangse grootskaalse vloede, wat brûe verspoel en toegangsroetes versper het, het die span ekstra moeite gedoen om produkte en dienste by produsente uit te kry.
1. Die span van Agrimark Vredendal is, in die agterste ry: André Esterhuyse, Crecon Nols, Brentino Isaacs, Afred Fortuin, Omar Joyce, Johannes Maarman, Lindie Engelbrecht, Elroy Cloete, Marelise Prins en Nina Edith le Roux. Voor staan Esna Goosen, Rosalie Jooste, Ambrose Stewe, Anthony Valentyn, Alana Claasen en Denise Klaase.