MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | Página 55

LANDBOU
LANDBOU

10.

roosblare nou vir troues en begrafnisse en het onlangs ook begin om die gedroogde blare aan Annique Rooibostee te verskaf as geurmiddel in hul rooibostee.”

Marietjie verkoop die meeste van haar rose plaaslik, en dit is lekker as iemand vandag of môre rose by haar wil kry.

“ Van Julie tot Augustus is dit egter snoeityd, en dan is daar minder rose. Hulle blom eers weer in Oktober. Maar die grootste deel van die jaar het ek rose. Hier hou hulle eintlik nie op groei nie, en ons moet hulle dwing om te rus.

“ Ek maak teen einde Mei klaar en hanteer dan eintlik net‘ noodgevalle’. Ná Moedersdag is dit rustyd vir hulle en moet die stokke weer hul kragte begin opbou,” vertel sy tussen die rye en rye kleurvolle blomme.

Olywe, avokado’ s, hoenders en bye

Maar soos die gesegde lui:“ En nog is het einde niet.” Pieter vertel dat hulle onlangs 60 olyfbome geplant en hul eerste olyfolie, Volhard Olyfolie, gepars het.

10. Roosblare word gedroog en beskikbaar gemaak vir troues, begrafnisse en ander geleenthede.

MARKtoe! Julie 2026 55