Dan is daar ook nog ongeveer 110 avokadopeerbome wat hy op aanbeveling van’ n vriend geplant het, en ook omdat Marietjie glo dat geen stukkie grond op die plaas onbenut moet bly lê nie.
En die hoenders: Ongeveer 250 rasegte Potch Koekoeke het hul eie hokke en loop bedags vry op die gras rondom die huis. Snags slaap hulle in die hokke. Die eiers word verpak, en Pieter verkoop sommige daarvan wanneer hy nog drie dae van die week in die Kaap werk, terwyl die res plaaslik verkoop word.
En, o ja, die bye: Sowat 30 korwe vol bye is hoofsaaklik aangeskaf om met die bestuiwing van die avokadopere te help, wat volgens Pieter 300 % beter dra wanneer die bye in die omgewing is. Die heuning sal ná die winter kom.
“ Pieter se planne raak nooit op nie. Elke stukkie grond word gebruik, en hy is nie bang om raad te vra nie.”
En dan is daar die maandelikse plaasmark waar plaasprodukte verkoop word en kinders uit laerskole die kans kry om te sien hoe dinge op’ n regte plaas werk. Hulle kan ook sien waar eiers, bokmelk en Pieter se tuisgemaakte bokmelkjogurt vandaan kom.
Planne wat nooit opraak nie
’ n Mens is behoorlik uit asem ná’ n kuier by die Van der Westhuizen op Volhard. Hier is altyd iets aan die gang en nuwe planne wat wag.
“ Pieter se planne raak nooit op nie. Elke stukkie grond word gebruik, en hy is nie bang om raad te vra nie,” sê Marietjie.
Wanneer hy wel’ n uurtjie af het, gaan sit Pieter by sy bokke.“ As een van daardie boklammertjies na jou toe aanstap, ontspan jy en vergeet van alles.”