MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | Page 54

LANDBOU
LANDBOU

Toe’ n buurvrou, wat baie rose gehad en 36 jaar lank daarmee geboer het, aanbied dat Marietjie die bome kon uithaal, was dit so te sê gedoen. Binne’ n week het hulle 600 roosbome oorgeplant om die basis van haar kwekery te vorm.

Die grond was nie voorberei nie en was baie kleierig, hoewel bokmis oor jare daar gestrooi is.

“ Die meeste van my rose staan oop, maar sommige is onder. As die kelkblare van die blomme brand, gaan die rose nie oop nie en kan ek hulle nie gebruik nie. Onder die nette groei die rose se stele tot meer as 2 m hoog, maar die humiditeit veroorsaak ook meer siektes en ek moet soms teen swamme spuit.

“ Die kenmerk van my rose is die verskeidenheid kleure. Ek kan nie sommer 40 wit rose vir’ n troue aanbied nie, maar’ n verskeidenheid kleure is altyd beskikbaar. Ons droog die

9. Rasegte Potch Koekoek-hoenders loop bedags vry, maar word saans in hokke toegemaak.

9.

54 MARKtoe! Julie 2026