8. Meer as 3 000 roosbome is deur Marietjie aangeplant en haar roosboerdery brei voortdurend uit.
“ Nou begin ons al name soek, want al die B’ s is reeds geneem,” vertel Marietjie, waar sy knus langs Pieter op die rusbank sit.
Dit is nou lamtyd en die ooie lam in April, Mei en Junie, maar nie later in die winter nie. Pieter verkies dit so. Daar is egter die hele jaar deur ramme by die ooie, en hy kan só sy kudde uitbrei en die bloedlyn wat hy teel beter beheer.
As die ooie reeds weer dragtig is terwyl lammers nog aan hulle drink, kan dit hul kondisie belemmer, maar vir Pieter is dit die ooi se werk om soveel moontlik goeie lammers te lewer.
Marietjie se wêreld van rose
Marietjie staan nie vir Pieter terug nie, en haar rooskwekery is uitgebreid, met ongeveer 3 000 roosbome wat sy vertroetel. Omdat sy’ n hortoloog is, wou sy nog altyd iets met snyblomme doen.