“ Vir ons is dit’ n groot prestasie, want ons kompeteer teen 1 600 diere. Ek mik net daarna om een van daardie mooi rosette te kan wen. Vanjaar het ek besluit om aan die Noord- Kaap-veiling deel te neem, waar al die groot name betrokke is en almal daarna streef om daar te wen.
“ Ek het met’ n bakkievrag van 7 ooie daar aangekom en’ n 6de plek verower. Ek was verheug,” sê Pieter.
In 2020 het hy met’ n lam genaamd Balance die reserwegrootkampioenram in die Wes-Kaap geteel. Sedertdien begin al sy ramme se name met’ n B.
7. Marietjie is ewe lief vir Pieter se boerbokke en help dikwels om hulle skougereed te kry.