nie, maar net in kantore, en dit is nie wat sy met haar lewe wou doen nie. Sy het later landbou by Worcester Gimnasium gegee, terwyl Pieter in die Kimberley-omgewing vir De Beers gewerk het.
“ Ek is toe na Botswana verplaas en ons moes trou,” skerts hy weer,“ want die langafstandkuier sou nie werk nie.”
Van chemiese ingenieur tot bokboer
Hulle het na Vredendal getrek en op die dorp gewoon terwyl Pieter by Namakwa Sands gewerk en as’ n naweekboer geboer het. Die plaas was baie afgeskeep, en hulle het die huis begin restoureer en die boerdery gaandeweg begin uitbou.
Hulle het saam met hulle dogters, Anja en Corrine-Mari, rondgesoek na’ n geskikte boerderyvertakking. Toe die dogters op Koekenaap by’ n bokboer die boklammertjies sien, was die koeël deur die kerk en boerbokke die aangewese boerdery.
3. In sy teelprogramme konsentreer Pieter op spesifieke eienskappe van boerbokke wat vir hom belangrik is, soos die kopvorm van die bokke.