4. Die bokke word in krale naby die huis gehou, maar loop bedags vry om te wei.
“ Ons het kursusse van die Boerboktelersgenootskap bygewoon, die eksamens geskryf en bokke op veilings begin koop. Ons het ook’ n paar melkbokke gekoop om ons lammers te kon voer.
“ In dié tyd het ek ook my grootste boerbokvriend, Joubert van der Merwe van die Biedouvallei, ontmoet. Hy was bereid om raad te gee, en doen dit tot vandag toe nog, oor die beste bokke en waarna’ n mens moet oplet, want ek kon myself maklik’ n gat in die sak koop.”
Pieter het toe as ringbeampte by boerbokskoue begin optree om te sien watter diere die beste is, en sy stoet begin opbou.
“ Geen diere word op die plaas geslag nie en alle bokke verlaat die plaas lewendig,” vertel Marietjie.“ Die bokke wat nie die stoet haal nie, word aan plaaslike bokboere verkoop. Die mense noem hom reeds‘ Pieter Bok’ omdat hy bekend is vir die goeie diere wat hy verkoop.”
Sy diere word hoog aangeslaan en deur agente soos Karoo Livestock verkoop. Deur sy kontakte is van sy beste teellyn-