MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | Página 47

LANDBOU
LANDBOU

ander marathons, die Cape Epic en Ysterman-byeenkomste deelgeneem.

En vroulief Marietjie moet net byhou – nie dat sy nie ook op haar eie haar merk as’ n vooraanstaande rooskweker maak nie. Boonop boer sy ook nog met hoenders.

Pieter se storie is’ n interessante een, met’ n loopbaan wat strek van atleet tot chemiese ingenieur, bokboer, hoenderteler, avokado- en olyfboer, en sommer honderedder so van die kant af. Marietjie vertroetel op haar beurt meer as 3 000 roosbome.

“ Ek het ingenieurswese geswot en Marietjie BSc Agric, aanvanklik in natuurbewaring, maar later het sy na hortologie oorgeskakel. Sy kom van’ n plaas naby Montagu, en ek het met’ n plan gewerk, maar ek het nie geweet sy het’ n ouer broer wat ook wil boer nie,” spot hy.

Marietjie vertel dat sy na hortologie oorgeskakel het omdat sy gehoor het dat vroue in natuurbewaring nie in die veld werk

2. Pieter by een van sy stoetramme.

2.

MARKtoe! Julie 2026 47