Volhard. Maar ook vol harte. Meelewing. Durf. Veelsydigheid. Deursettingsvermoë. Innovasie.
Dit klink na baie verskillende dinge. En dit is. Net soos al die boerderyvertakkings wat hier op Pieter en Marietjie van der Westhuizen se plaas, Volhard, buite Vredendal aangepak en mettertyd tot volwaardige landbou-inkomstestrome uitgebou word.
’ n Lewe teen dubbelspoed
Wanneer’ n mens by dié besige landbouer aan huis kom, kom jy gou agter dat alles hier teen dubbelspoed gebeur. En geen wonder nie. Pieter het op sy dag aan die Comrades-marathon,
1. Pieter en Marietjie van der Westhuizen boer letterlik sy aan sy op hul plaas Volhard.