8. Die grond in die makadamiaboorde is nou so geil dat selfs sampioene daar groei.
word die oes in een pluk afgehaal. Omdat die neuteseisoen direk op die druiwe-oes volg, kan Nicol sy werkers oor’ n langer deel van die jaar besig hou.
Nicol glo goeie grondgesondheid is die sleutel tot makadamiaproduksie. Mikro-elemente en noukeurige bestuur is veral belangrik in die sandgrond waarin hy geplant het. Die siektedruk is laer as in tradisionele produksiegebiede omdat daar nie ander makadamiaboorde in die omgewing is nie. Dit stel hom in staat om bitter min te spuit en die boorde geleidelik nader aan biologiese produksie te bestuur.
Hy verwag dieselfde voordeel by die appelkose.“ Dis vir my’ n leerproses.’ n Mens moet baie geloof hê. My suster het my gevra hoekom ek nog doen wat ek doen en soveel risiko’ s aangaan. My antwoord was dat, as ek nie’ n gelowige was nie, ek nie moes kom boer het nie.”