MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | Page 42

LANDBOU
LANDBOU

“ As jy vir’ n wingerdboer wat 300 ha wingerde moet skoonmaak, sê hy moenie spuit nie en eerder’ n beeskop gebruik, gaan hy vir jou lag, en ek verstaan dit. As kleiner boer kan ek makliker aanpas, na’ n ander bedryf omskakel en praktyke fyner bestuur.”

Handearbeid hou die seisoene aan die gang

Soos appelkose word makadamias met die hand geoes. Werkers gebruik lang bamboespale om die neute af te slaan, waarna dit onder die bome versamel en na die verwerker gestuur word. Nicol lewer aan Green Farms Nut Company naby Durban, wat die neute opkoop, verwerk en uitvoer.

6. Elke makadamiaboom het’ n Netafim-mister wat vogtigheid op dae met lae humiditeit in die bome laat optrek

6.

42 MARKtoe! Julie 2026