MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | Page 41

LANDBOU
LANDBOU

5.

5. Insekte soos die valskodlingmot word biologies beheer, iets waarop Nicol baie klem lê.

“ Ek probeer wegbly van onkruiddoders en slaan die onkruid met wat ons‘ beeskoppe’ noem, soortgelyk aan‘ weedeaters’, net groter. Ek gebruik geen chemie in die boorde nie.”

Omdat daar nie ander makadamiaboorde in die omgewing is nie, is daar minder kans dat siektes van een boord na’ n ander versprei. Dit verskil van wingerde, waar siektes maklik deur die wind tussen aangrensende blokke en plase versprei. Hulle gebruik slegs middels wat die valskodlingmot se paringsiklus versteur. Die motte kan nie deur die neut se omhulsel boor nie, maar kan veroorsaak dat die neute voortydig afval.

Nicol wil graag meer organies of biologies boer, maar sê verbruikers is nog nie altyd bereid om’ n premie daarvoor te betaal nie.

Hy eksperimenteer voortdurend en het verlede jaar beeskoppe gebruik om onkruid in die boorde en wingerde plat te slaan sonder om chemiese middels te spuit. Dit het gewerk, maar arbeid, brandstof, tyd en bestuur maak die praktyk moeiliker om op groot skaal toe te pas.

MARKtoe! Julie 2026 41