LANDBOU
LANDBOU
belangrikste fout wat ek aanvanklik gemaak het, was dat ek swak plantmateriaal gekry het.”
Die eerste blok rondom die plaashuis is in 2011 aangeplant en is in volle produksie, maar die opbrengs is wisselvallig. Nicol het later geleer dat die swak groei aan die sogenaamde‘ J-root’-probleem te wyte is: Die jong bome het te lank in sakkies gebly, wat veroorsaak het dat die wortels nie reg ontwikkel het nie.
“ Toe ek as kind met hoenders wou boer, het ek eers met die hoenders by die huis aangekom en daarna die hokke begin bou.”
’ n Kontak in Mbombela het hom sowat drie jaar gelede begin raad gee, en hulle praat nou byna daagliks oor makadamias. Selfs dié kenner het saamgestem dat Nicol meer op appelkose moet fokus.
Ander produsente het aanvanklik getwyfel of makadamias in die Vredendal-omgewing sou werk omdat die humiditeit te laag is. Tydens gesprekke met’ n studiegroep is hy gewaarsku dat die bome moontlik nie hier sou aard nie. Nicol het egter tegnologie ingespan om dit te hanteer en by elke boom’ n Netafim-mister geïnstalleer wat’ n misnewel vorm. Op dae met lae humiditeit help dit om meer vog rondom die bome te skep.
ONS LEWER STEEN- & KERNVRUGTEBOME VAN GEHALTE UIT DIE KLEIN KAROO
Tel: 023 614 1405 / 082 783 0196 MONTAGU E-mail: emily @ stemmetkwekery. co. za
MARKtoe! Julie 2026 0