MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | 页面 38

LANDBOU
LANDBOU

4.

4. Die makadamiaboorde op Harmonie is gesond en aard goed in die omgewing.

Alles word met die hand gepluk en Nicol gebruik kontrakarbeid vir die oes. Die vrugte word halfgroen gepluk en kan verder ryp word, wat die risiko van vertragings by hawens help beperk. Omdat hulle deur agente werk, hoef hy nie self die uitvoerlogistiek te bestuur nie. Die appelkose gaan hoofsaaklik na markte in Europa en Asië.

Hoewel hy nog besig is om die gewas te leer ken, meen Nicol die Vredendal-klimaat bied belangrike voordele. Die warm, droë somers bevorder hoë suikergehaltes, terwyl die beperkte humiditeit die siektedruk moontlik laer kan hou as in tradisionele appelkoosstreke. Die groot uitdaging bly om binne die kort plukvenster vinnig genoeg op te tree.

Makadamias bring’ n steil leerkurwe

Nicol is ewe entoesiasties oor makadamias en beskou dit as deel van die uitbreiding van sy produkaanbod op Harmonie.

“ Die neute was vir ons’ n groot leerkurwe. Min mense wil hul kennis deel omdat baie voel jy meng in met hul bedryf. Die

38 MARKtoe! Julie 2026