LANDBOU
LANDBOU
Appelkose pas by die klimaat
Die droogte van 2018 / 19 het’ n groot invloed op Nicol se besluit gehad om met appelkose te begin boer. In 2024 het hy 3 ha Golden May,’ n TopFruit-variëteit, aangeplant en in 2025 nog 3 ha Imperial( Palsteyn),’ n oop variëteit, wat sowat 1 250 bome beslaan.
Imperial is veral geskik om te droog, terwyl Bulida tans een van die gewildste kultivars is en ongeveer 47 % van aanplantings uitmaak. Dit lewer’ n groot, geel vrug wat geskik is vir inmaak en ook vir die varsmark aangeplant word.
Volgens Nicol is appelkose maklike groeiers, mits die grondgesondheid reg is. Hy plaas daarom baie klem op die minimum gebruik van chemiese en ander middels.
Die koue wintermaande is belangrik om die bome te laat rus en hul krag voor blomtyd te herstel. Van Augustus tot September bot die bome en vorm hulle wit tot ligpienk blomme. Die vrugte word in die somer ryp en daar is’ n relatief kort plukvenster van 3 tot 4 weke.
“ Hier in Vredendal het ons warm somers en die droë toestande is ideaal vir appelkose om hoë suikergehaltes te ontwikkel. Ons besproei uit die kanaal en’ n houerdam op die plaas. Wanneer oestyd aanbreek, moet ons vinnig reageer omdat die vrugte vinnig ryp word en’ n beperkte houvermoë het.”
18 % PROTEÏEN VIR STERK SPIERE EN VOLHOUBARE ENERGIE
Ondersteun’ n gesonde vel en bevorder’ n natuurlik blink pels Natuurlike vesel om gesonde spysvertering te ondersteun
Noodsaaklike vitamiene en minerale om algehele welstand te ondersteun
Beskikbaar in: 2kg, 7kg, 20kg, 40kg
@ Rimaxpetfood @ rimaxpetfood www. aviproducts. co. za
MARKtoe! Julie 2026 0