MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | Page 28

LANDBOU
LANDBOU

wanneer hulle met’ n handwapen na’ n teiken 8 m van hulle af skiet en sien hoe verspreid die skootgroepering op die teiken is. Ons werk dikwels saam met jagorganisasies en het goeie verhoudings met hul lede.”

Verantwoordelike eienaarskap voorop

Eric glo die belangrikste uitgangspunt met die klub en die kursusse wat hulle aanbied, is om landelike veiligheid te bevorder en verantwoordelike vuurwapeneienaarskap aan te moedig.

“’ n Mens wil nie noodwendig in’ n situasie beland waarin jy jou wapen moet gebruik om jou lewe te beskerm nie. Dit is egter ook so dat jy goed genoeg opgelei moet wees om te weet wat om onder verskillende omstandighede te doen. So’ n voorval gebeur dikwels in’ n breukdeel van’ n sekonde, en dan moet jy’ n lewensveranderende besluit kan neem.

“ Ons sê nie noodwendig dat almal wapens moet kry nie. As’ n wapen jou veiliger laat voel, is dit belangrik dat jy weet wat die gebruik daarvan alles behels.”

“ Slegs goeie opleiding en oefening kan verseker dat jy dan die regte besluit neem. Elke situasie is verskillend, en indien jy jou vuurwapen teen iemand vir selfverdediging gebruik het, sal dit deeglik in die hof ontleed word.”

Volgens Eric is veilige wapenhantering iets wat alle wapeneienaars moet ken, gegewe die veiligheidsituasie in die land.

“ Ons sê nie noodwendig dat almal wapens moet kry nie. As’ n wapen jou veiliger laat voel, is dit belangrik dat jy weet

28 MARKtoe! Julie 2026