MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | Page 27

LANDBOU
LANDBOU

natuurlik baie belangrik, en dit kan slegs gebeur wanneer die nodige vaardigheidsopleiding voltooi is en aan die vereiste wette en regulasies voldoen word.

“ Daar heers ook dikwels verwarring onder vuurwapeneienaars wie se lisensies verval het. Daar is opsies om dit reg te stel, maar die beste is om by jou naaste vuurwapenoffisier van die SAPD aan te klop om die regte raad te kry. Dis belangrik om daarop te let dat jy nie noodwendig jou wapen sal hoef in te handig nie, maar individuele omstandighede verskil. Ons kan jou daarmee help,” verduidelik Eric.

Eric en Willem beplan om later gevorderde opleiding aan te bied wat aspekte soos taktiese skiet en selfs boogskiet insluit. Hulle beplan ook’ n binnenshuise langafstandskietbaan.

“ Jagters gebruik as’ n reël nie handwapens nie. Maar daar is’ n drastiese verskil tussen die vermoë om akkuraat met’ n jaggeweer te skiet en om dieselfde mate van akkuraatheid met’ n handwapen te bereik. Talle jagters het al gebloos

MARKtoe! Julie 2026 27