MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | Page 26

LANDBOU
LANDBOU

“ Ons leer hulle byvoorbeeld hoe om spesifieke wapens vas te hou, hoe’ n mens moet staan om die terugskop van die wapen die beste te absorbeer en hoe’ n mens die beste op die teikens kan mik. Ons is opgeleide instrukteurs en pas hierdie reëls nougeset toe,” vertel Willem.

Met sy mediese agtergrond as wildernismediese beampte is Willem ook die regte persoon om kursusgangers oor mediese situasies in die geval van’ n skietvoorval in te lig en op te lei.

“’ n Mens sien dikwels in flieks hoe slagoffers wat geskiet is, behandel word deur bloot’ n gordel of das om die skietwond te draai, byvoorbeeld wanneer die persoon in die bobeen geskiet is. Dis allesbehalwe die regte ding om te doen. As jy in die bobeen geskiet word en’ n slagaar getref is, het jy nie veel meer as 40 s om die bloeding te stop voordat jy jou bewussyn verloor nie. Ons leer die kursusgangers die regte tegnieke om sulke voorvalle te hanteer,” vertel Willem.

Die klub is in Maart vanjaar in gebruik geneem, en meer as

200 mense het dit gedurende die openingsnaweek besoek –’ n duidelike aanduiding van die behoefte aan so’ n gerief in die Vredendal-omgewing.

Willem en Eric fokus veral op die opvoedkundige aspekte van vuurwapenhantering.

“ Ons fokus nou op die publiek om seker te maak dat hulle weet wat hul regte ten opsigte van vuurwapeneienaarskap is, asook wat die regte manier is om vuurwapens te hanteer en te gebruik. Lisensiëring is

0 MARKtoe! Julie 2026