MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | Page 25

LANDBOU
LANDBOU

Opleiding oor die volle spektrum

Eric verduidelik dat hulle by Rotsvas Indoor Range die hele spektrum van vuurwapenhantering en-besit dek.

“ Ons begin met inleidende kursusse oor vuurwapens: wat dit verg om een in die hande te kry; die hele lisensiëringsproses, insluitend die bevoegdheidsopleiding wat Willem binnekort ten volle sal kan aanbied; die veilige maniere waarop vuurwapens hanteer moet word; waar dit geberg moet word; en al die regskwessies wat daarmee gepaardgaan.

“ Van die vrae wat ons die meeste kry, handel gewoonlik oor wat’ n mens mag doen as jy in jou huis bedreig of selfs aangeval word. Daar is baie verskillende opsies en omstandighede wat in gedagte gehou moet word, maar ons verduidelik al die moontlikhede aan ons kursusgangers.”

Hy vertel dat hulle besluit het om’ n binnenshuise skietbaan op te rig sodat hierdie situasies en ander optredes deeglik behandel kan word en lesings en oefeninge dwarsdeur die jaar aangebied kan word.

’ n Binnenshuise baan vir die gemeenskap

“ Die skietbaan is 20 m lank en het vier bane waarop geskiet kan word. Uiters streng veiligheidsmaatreëls word deurgaans gehandhaaf, en kursusgangers, klublede en mense wat die baan vir skietoefeninge wil gebruik, word deeglik oor al die vereistes ingelig.

MARKtoe! Julie 2026 0