4. Die Van Zyl-broers boer ook met wyndruiwe en neute, maar die doelgemaakte binnenshuise skietbaan vervul’ n groot behoefte in die Vredendal-omgewing.
omgewing. Die kombinasie van Willem se IT-kennis en Eric se boerderykennis was’ n wenkombinasie.
’ n Gedeelde passie vir veiligheid
“ Nog’ n passie wat ons deel, is dié vir vuurwapens en gemeenskapsveiligheid,” vertel Eric.
“ Ons is van jongs af lief vir vuurwapens en jag, en ons pa het ons met jag en selfverdediging grootgemaak. Ons het verdere opleiding ontvang sodat ons weer ander in die veilige hantering van vuurwapens en selfverdedigingstegnieke kan oplei. Willem is tans ook besig met gevorderde opleiding om mense met hul vuurwapenbevoegdheid te kan help.”
“ Selfs op die platteland neem misdaad toe, en voorvalle wat’ n mens nooit voorheen hier op die platteland gesien het nie, kom nou al hoe meer voor, soos kapings. Verlede jaar het Vredendal sy eerste gewapende voertuigkaping beleef. Gewapende rooftogte by winkels kom ook al hoe meer voor. Gelukkig is ons plaaswagte en buurtwagte op die dorp baie betrokke by die Suid-Afrikaanse Polisiediens( SAPD), en werk ons goed saam,” beaam Willem.