MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | Página 22

LANDBOU
LANDBOU

3.

3.’ n Groot vergaderlokaal langs die skietbane is ideaal vir vergaderings en konferensies, en dien ook as opleidingslokaal.

“ Landbouers op die platteland word toenemend deur misdadigers geteiken, ongeag watter veiligheidsmaatreëls reeds op plase ingestel is. Hier in ons omgewing is dit nog nie’ n groot probleem nie, maar daar was die afgelope twee jaar’ n paar sulke voorvalle. In een van die aanvalle is’ n produsent vermoor, en in die ander een is’ n produsent ernstig beseer. Sulke voorvalle moet beperk word, en deur paraat te wees, kan’ n mens jou risiko beperk,” glo Eric.

Vier geslagte se boerderykennis

Eric vertel dat hulle op die plaas grootgeword het en reeds die vierde geslag is wat hier boer. Ná skool en hul onderskeie omswerwinge het Eric vir’ n ruk saam met sy pa, Willem, geboer totdat sy pa in 2021 oorlede is. Die produksie van wyndruiwe is in sy bloed. Die druiwe word hoofsaaklik aan Namaqua Wines en die Lutzville-kelder gelewer.

22 MARKtoe! Julie 2026