MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | Page 21

LANDBOU
LANDBOU

Hoewel hulle eintlik druiweprodusente is, met wingerde van cabernet sauvignon, shiraz en pinotage in hul portefeulje, lê gemeenskapsveiligheid hulle na aan die hart. En hoe sluit dit by hul landboubedrywighede aan?

Landbou en veiligheid loop saam

Ons gesels met Eric en Willem in die ruim ontvangslokaal, wat ook as vergadersaal van die skietklub net buite Vredendal dien. Dis koelerig so vroeg in die oggend, maar daar hang’ n gevoel van afwagting onder die span.

Skiet, selfverdediging, persoonlike veiligheid, wapens, die herlaai van ammunisie en die talle wetlike vereistes wat op die besit en hantering van vuurwapens van toepassing is, is hoog op die agenda. Die regulering van die vuurwapenbedryf is ook ter sprake. Om die waarheid te sê, dit is die agenda. Om met’ n handwapen en’ n semi-outomatiese geweer te skiet, is nie vir almal ewe aanloklik nie, maar dit skep tog opgewondenheid.

2. Skuts kry die geleentheid om hul vaardighede met’ n verskeidenheid wapens op te skerp. Hierdie groepering staan uit.

2.

MARKtoe! Julie 2026 21