MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | Seite 20

LANDBOU
LANDBOU

1.

VAN ZYL-BROERS | ROTSVAS

Wil jy weet wat om te doen as jy een nag’ n oortreder in jou huis betrap en voel dat jou lewe bedreig word? Het jy dalk’ n vuurwapen gekoop of geërf en weet nie eintlik hoe om dit te hanteer nie? Soek jy iemand wat jou kan help om die regte en maklikste roete te volg om’ n wettige vuurwapenlisensie te bekom?

Dan is die Van Zyl-broers van Vredendal, Eric en Willem, net die regte mense by wie om aan te klop. Hulle het onlangs hul binnenshuise skietbaan en skietklub, Rotsvas Indoor Range, geopen en beywer hulle hulle nou daarvoor om die gemeenskap van Vredendal en omgewing oor veiligheid in te lig en op te lei.

1. Willem en Eric van Zyl bedryf die Rotsvas-skietbaan by Vredendal.

20 MARKtoe! Julie 2026