MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | 页面 19

LANDBOU
LANDBOU

Volgens Sybrand gaan dit vandag oor innovasie en grootliks oor kostebesparing op aspekte soos verpakking, vervoer en die verkoopsbenadering, asook die feit dat baie klante nou aanlyn sake doen. Dit verg ander verkoopstrategieë en nuwe maniere om klante te kry en te behou.

“ Ons moet mooi dink oor hoe die volgende 20 jaar gaan lyk en hoe ons daarvoor gaan bemark.”

Die kelder groei saam met die toekoms

Vanjaar val die fokus van die groot ontwikkeling op die uitbreiding van die kelder.

“ Ons het self aflaaibakke met’ n kapasiteit van 30 t gebou, die beton vir die perse gegiet, die skeiers self gebou en die staalwerk self voltooi,” vertel Johan.“ Nou moet addisionele verkoelingstenks,’ n verdere verkoelingseenheid en hoëspoedwynpompe en-wurmpompe nog geïnstalleer word. Dan is ons gereed vir wat wag.”

“ Maar Teubes Family Wines is reeds goed gevestig, en mense kan maar kom kuier. Ons bied al ons wyne in ons proelokaal aan, en besoekers is welkom om ligte etes in ons bistro te geniet, insluitend handgemaakte kase, salami’ s en vars borde met versnaperinge en seisoenale groente van die plaas.

“ Hier word ook verblyfopsies aangebied, en nog opsies word beplan. Ons bly deurgaans in pas met die nuutste tendense in die wynbedryf, sonder om ons gevestigde kernwaardes prys te gee,” meen Sybrand.

MARKtoe! Julie 2026 0