10. Die kelder van Teubes Family Wines word tans uitgebrei sodat hulle nog meer wyn kan akkommodeer.
“ Vir my, wat 16 jaar gelede as’ n jong man op die plaas begin het, was dit’ n groot skok om by die veranderende klimaatsomstandighede aan te pas en te probeer voorkom dat’ n droogte soortgelyk aan dié van 2018 / 19 ons weer kortwiek. Toe het ons produksie baie gedaal en was daar baie ou wingerde wat nie meer geproduseer het nie.
“ Ons moes wingerde uittrek wat my oupa destyds geplant het en het ongeveer 100 ha met nuwe wingerde herplant om die produksie weer te verhoog en die boerdery ekonomies lewensvatbaar te maak.
“ Baie van die wingerde was aan die einde van hul leeftyd en, weens klimaatsverandering, het kultivars wat 30 jaar gelede gewerk het nie meer die beste opbrengste gelewer nie. Die markvereistes het ook verander na nuwe kultivars met’ n moderne wynstyl: meer vrugtig, met’ n medium tot vol smaakprofiel, makliker drinkbaar en steeds in staat om pryse te wen.’ n Mens moet by die nuwe smaakprofiele wat die mark vereis, kan aanpas.”