MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | Página 17

LANDBOU
LANDBOU

9.

9. Die proelokaal van Teubes Family Wines waar besoekers welkom is om hul wyne te proe en aan hul tuisgemaakte lekkernye te smul.

Biologiese praktyke vir’ n warmer klimaat

Klimaatsverandering het Johan en Sybrand gedwing om sekere aanpassings te maak om die beskikbare water beter te benut en chemiese grondbehandeling af te skaal.

“ Ons het’ n groot‘ chipper’ aangeskaf en die bloekombome opgekap as deel van ons eie komposproduksie. Ons het die opgekapte materiaal op die bankies van die wingerde gestrooi. Dit het ons waterverbruik met ongeveer 30 % verminder.

“ Ons maak ook ons eie kompostee om grondgesondheid uit te bou. Ons produseer ongeveer 10 000 l op’ n slag en plaas dit in‘ flow bins’ van 1 000 l op’ n wa. Aan die begin van September word die kompostee met drukpompe in die doseerlyne gepomp om dit in die wingerde te versprei.

“ Só verklein ons ons chemiese kunsmisrekening, verminder ons die insetkoste van bespuiting en beweeg ons weg van sterk chemiese middels en nader aan biologiese boerderypraktyke.

MARKtoe! Julie 2026 17