Die Malkopbaai-wyne word vanuit die Kreefhuis bemark en verkoop. Die gebou is in 1918 opgerig en huisves’ n proelokaal vir hul wyne. Dan is daar ook cabernet sauvignon, sauvignon blanc, chenin blanc,’ n rooi versnit, viognier en mourvèdre.
Vandag fokus hulle, ook weens die klimaatsverandering wat in hierdie warm woestynklimaat van Vredendal ervaar word, op die regte kultivars wat hier goed vaar, soos grenache, mourvèdre en durif, benewens die tradisionele pinotage, cabernet sauvignon en shiraz.“ Ons vergroot tans die kapasiteit van die kelder om die waarde van 1 000 t te ontsluit. Ons fokus ook op druiweverkope, die huur van kelderspasie en-dienste by ander kelders vir die produksie van bulkwyn, die uitbreiding van ons eie handelsmerkbottelering en die maak van wyn op ons eie perseel hier op Houmoed,” som Sybrand die vier hoofkomponente van hul onderneming op.
8. Wingerde is tans in rus en snoeiwerk maak nou deel uit van die voorbereiding vir die nuwe oesjaar.