“ Dit het tot uitstekende verkope gelei, hoofsaaklik danksy verbruikers se bewustheid van gesonder leefstyle, toenemende allergieë en’ n strewe na meer natuurlike preserveermiddels. Hierdie wyn was die enigste wat van Nieuwoudtville afkomstig was, maar die ernstige droogte van 2019 het’ n einde hieraan gemaak toe die waterbronne opgedroog het en die wingerde nie volhoubaar in stand gehou kon word nie.”
Handelsmerke vir veranderende markte
Ander wyne sluit Teubes Family Wines, Karoobossie en Zero S in. Zero S is’ n reeks swael- en suikervrye wyne wat natuurlike tanniene vir bewaring en stabiliteit gebruik. Dit sluit twee witwyne en drie organiese rooiwyne in, wat uitstekend gevaar het.
Karoobossie MCC is na Mariska vernoem. Sy is in die Karoo gebore, maar het haar nering in die wynbedryf gevind.