oidium nie en hoef ons nie veel sterk chemiese middels te gebruik nie.
“ Ek is my pa en ma, Ella, baie dankbaar dat ons in 2011 die kelder hier kon bou en Teubes Family Wines kon vestig. Dit gaan net van krag tot krag, veral omdat ons met verskillende elemente kon werk en aanvanklik ook op organiese verbouing kon fokus.“ Sedertdien het ons dit laat vaar en fokus ons nou op koelklimaatwyne van die Weskus, waar sauvignon blanc uitstekend vaar. Ons het die Malkopbaai Sauvignon Blanc, die Sir Lambert, wat in samewerking met Tienie Louw van Diemersdal ontwikkel is, en, meer onlangs, die Wild Wild West.
“ Ons het in’ n stadium ook die afbakening van Wyn van Oorsprong Nieuwoudtville gelei en’ n egte sauvignon blanc gebottel uit druiwe wat 800 m bo seespieël in Willow van Niekerk se wingerde gekweek is. Die wingerde was op’ n unieke topografie geleë, en die wyn is met inheemse plante soos rooibostee en heuningbos bewaar.
7.’ n Reeks organiese wyne is deel van hul portefeulje, tesame met Zero S,’ n uiters suksesvolle wyn wat geen swael bevat nie.