Johan vertel dat die Olifantsriviervallei in die verlede meer as’ n stookwyngebied bekend was en dat goeie rooiwyn uit die streek ongewoon was, maar met sy rooiwyne het hy dié tendens die nek omgedraai.
In 2006 het hy die eerste sauvignon blanc teen die see by Lambertsbaai aangeplant. Saam met Tienie Louw van Diemersdal het hulle die Sir Lambert-handelsmerk begin, wat baie sterk gegroei het.
Hulle het egter mettertyd van organiese boerdery afgesien, hoofsaaklik weens uitdagings met die gehalte van die besproeiingswater en veral die hoë konsentrasie sulfate daarin.
“ Maar die tye en behoeftes van die markte het verander. Danksy die goeie ligging wat ons hier naby die see het, met’ n suidwestewind wat in die middae opkom en die wingerde afkoel, is ons wingerde nie so vatbaar vir donsskimmel en
6. Organiese materiaal, soos hierdie versnipperde hout, word op die plaas gebruik om die grondgesondheid te verbeter.