“ Met sommige van hulle, soos Koelenhof buite Stellenbosch, het ek vandag nog kontak. Ek en Andrew de Vries het vir lang tye uitstekend saamgewerk, en hy het ons baie ondersteun. In daardie dae was dit nie algemene gebruik om rooiwyndruiwe oor sulke groot afstande te vervoer nie, maar die internasionale markte se vraag na organies verboude druiwe het ook toegeneem, en ons kon ons druiwe daar lewer.
“ Ons het sowat 100 ha druiwe op organiese wyse hier by die kelder verbou, ondanks die feit dat daar nie baie inligting oor organiese wyndruifverbouing beskikbaar was nie. Ons het by Control Union en Ecocert geregistreer en guano uit Namibië ingevoer.
“ Ons het dit in groot vlekvrystaaltenks van 3 000 l geberg, met’ n filtreerstelsel daarin waardeur die ekstrak kon uitloop. Dit was ryk aan stikstof en spoorelemente, en ons het dit met’ n tenkwa na elke pompstasie op die plaas vervoer, waar dit dan deur die besproeiingstelsel versprei is,” vertel Sybrand.
5. Teubes Family Wines is’ n klipgooi van die see af en die koel Weskusseebriesies het’ n beduidende invloed op die gehalte van hul wyne.