MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | Page 11

LANDBOU
LANDBOU

Ons het ook grond bokant die kanaal aangekoop, alles onbewerkte grond, waar ons pinotage en shiraz geplant het. Toe die druiwe in produksie gekom het, het ons’ n kontrak van 10 jaar met die KWV gesluit.

“ Ek het heelwat ondervinding van die produksie van rooiwyn in Amerika opgedoen toe ek daar wynbemarking gedoen het. Ek het ook die voorreg gehad om by die wêreld se grootste wynprodusent, E. & J. Gallo, te sien hoe dinge gedoen word en hoe wyndruiwe vanaf plase op groot vragmotors vervoer word, elk met vier of vyf bakke en’ n kapasiteit van tot 30 t.

“ Ek het op plase in Bakersfield en Modesto gewerk. Bakersfield het baie dieselfde klimaat as wat ons hier by Vredendal het, en ek het gesien hoe dit daar bestuur word. Ek het dit hier kom toepas en in 1995 / 96 die eerste druiwe oor die berg na die KWV en talle ander kelders in die Boland vervoer.

4.’ n Hele reeks wyne word in die proelokaal op die plaas by Teubes Family Wines, net buite Vredendal op die Klawer-pad, aangebied.

4.

MARKtoe! Julie 2026 11