MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | Page 10

LANDBOU
LANDBOU

3.

’ n Skaapvertakking het ook bygekom en lê Johan besonder na aan die hart.

Baanbrekerswerk met rooiwyndruiwe

“ Pa het baanbrekerswerk gedoen met die ontwikkeling van rooiwyndruifaanplantings in ons streek. Hy het kontrakte buite die streek, in die Boland, bekom en was een van die eerste wyndruifprodusente wat druiwe van hier af met groot vragmotors na Stellenbosch en ander wynstreke vervoer het,” vertel Sybrand.

Hy het’ n bemarkingsdiploma op Stellenbosch verwerf en daarna wynmaakervaring by Diemersdal en oor twee seisoene in Griekeland, Italië en Frankryk opgedoen.

Johan bevestig dit:“ Dit was rondom 1995, toe daar’ n groot fokus en reuseaanvraag na rooiwyn was. Ek het die eerste 15 ha rooiwyndruiwe in Vredendal hier op Houmoed gevestig.

3. Teubes Family Wines bemark hul wyne onder hul eie handelsnaam, asook met unieke name soos Karoobossie, hul MCC.

10 MARKtoe! Julie 2026