MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | Page 109

GOEDE HOOP SITRUS
GOEDE HOOP SITRUS

elkeen sy eie pad loop nie. Die regte mense is aan die stuur van sake en ons as produsente is nie net nog’ n nommer nie.”

Lubbe meen Goede Hoop Sitrus speel’ n enorme rol in die sitrusbedryf en veral in die Citrusdal-omgewing.

“ Ons lewer reeds sedert ons die eerste keer sitrus begin verbou het aan GHS. Dit strek nou oor drie generasies en ons is baie tevrede met die diens wat ons ontvang. Hulle gee baie om vir hul produsente en is uitstekend in dit wat hulle doen, naamlik sitrusverpakking.

“ Iets wat uitstaan wanneer jy met hulle besigheid doen, is die lojaliteit wat hulle teenoor hul produsente, maar ook teenoor hul werknemers, toon. Dit is vir hulle belangrik om aan die gemeenskap terug te gee en daarby betrokke te wees. Indien hulle nie meer hier sou wees nie, sou dit’ n groot leemte in die dorp laat,” sê Lubbe.

13. Kartonne vir die verskillende sitrusprodukte word meganies na die onderskeie verpakkingslyne vervoer.

13.

MARKtoe! Julie 2026 109