MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | Page 110

GOEDE HOOP SITRUS
GOEDE HOOP SITRUS

14.

14. Lemoene word in die eerste inspeksiestasie oopgesny om die gehalte te bepaal.

MENSE BLY DIE KERN VAN DIE ONDERNEMING

Volgens Nico Smuts, menslikehulpbronbestuurder van GHS, fokus die maatskappy as deel van sy maatskaplike en sosiale investeringsprogram op plaaslike en omliggende skole waar personeel se kinders skoolgaan, sowel as plaaslike kerke en gemeenskapsinisiatiewe.

“ Die welstand van ons personeel bly’ n kernprioriteit en deur ons betrokkenheid by’ n plaaslike nieregeringsorganisasie, Action for Community Transformation( ACT), stel ons’ n gekwalifiseerde maatskaplike werker vir alle personeel van Goede Hoop Sitrus beskikbaar. Hierdie diens bied ondersteuning op persoonlike, sosiale en gesinsvlak en dra by tot’ n gesonde en produktiewe werksomgewing.

“ Dit verseker breër gemeenskapstransformasie deur projekte in die Citrusdal-omgewing, soos’ n sopkombuis wat etes

110 MARKtoe! Julie 2026