MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | Page 107

GOEDE HOOP SITRUS
GOEDE HOOP SITRUS

“ Getrou aan ons maatskappy se kernbeginsels verpak ons nie net vrugte nie; ons bou vennootskappe. Ons verstaan dat elke karton vrugte die resultaat is van maande se harde werk, voorbereiding, belegging en toewyding op plaasvlak. Daarom behandel ons elke vrug asof dit ons eie is. Wanneer’ n produsent sy vrugte by GHS laat verpak, maak hy van’ n span gebruik wat omgee vir sy produk, sy besigheid en sy sukses,” meen Wayne.

PRODUSENTE GETUIG VAN LOJALITEIT

Die langtermynverhoudings wat Goede Hoop Sitrus met sy produsente opgebou het, word weerspieël in die ervaring van produsente soos Dirk Olivier van Olivier Broers en Nicolai Lubbe, direkteur van Lubbe Sitrus, wie se families reeds drie geslagte lank hul sitrus aan GHS lewer.

“ Ons is lojaal teenoor GHS, maar nog belangriker is dat hulle ook lojaal teenoor ons as produsente staan. Dit geld ook vir die

MARKtoe! Julie 2026 0