pakhuis verskuif, waar dit gereed gemaak word vir verpakking.
Ongeveer 24 h voor verpakking word’ n voorinspeksie uitgevoer om die vrugte se toestand ná opkleur te evalueer en om verwagte uitpakresultate, kwaliteit en markgeskiktheid te bepaal.
Tydens die verpakkingsproses word die vrugte volgens die voorgeskrewe spesifikasies gesorteer, geklassifiseer en verpak. Die minimum uitvoerstandaarde vir sitrus word gereguleer deur die Agricultural Product Standards Act en die toepaslike uitvoerstandaarde vir sitrus. Kleur- en kosmetiese evaluasies word volgens CRI- en OECD-riglyne uitgevoer. Grootte-, verpakking- en kwaliteitsvereistes word deur individuele markte en ontvangers bepaal, terwyl supermarkprogramme dikwels strenger standaarde as die statutêre minimum vereis.
Na goedkeuring word die verpakte vrugte na die aangewese koelkamers in die Kaapse hawegebied vervoer, waar dit onder beheerde temperatuurtoestande gestoor word totdat dit na die hawe verskuif en op skepe gelaai word vir uitvoer na internasionale markte. Dit is moontlik vir die pakhuise om in’ n skof van 9 h tot 1 100 t vrugte te hanteer.