inkryk, Kanada en die VSA, bedien. Die bestemming van die vrugte word bepaal deur faktore soos vaste programme, markvereistes, vrugkwaliteit, grootteprofiele, logistieke oorwegings en marktoestande.
“ Elke mark of kliënt het unieke voorkeure en ons probeer die produk so akkuraat moontlik by die spesifieke behoeftes van daardie kliënte pas.”
Tradisionele variëteite soos Navel- en Valencia-lemoene uit die Wes-Kaap bly belangrike produkte in baie markte en is steeds groot drywers van omset vir baie produsente in die Citrusdal-vallei. Aan die sagtesitruskant is daar toenemende belangstelling in laatmandarynvariëteite wat goeie smaakprofiele, goeie kleur, lang raklewe en pitloosheid kombineer.
10. Kratte staan opgestapel buite die pakstoor, vanwaar dit na produsente geneem word vir die lewering van hul produkte aan Goede Hoop Sitrus.