9. Sitrusprodukte, soos lemoene en naartjies, vorm die ruggraat van die bedryf in die Citrusdal- en Vredendal-omgewing.
“ Alhoewel Good Hope Marketing, ons gespesialiseerde sitrusbemarkingsarm, nog jonk is, stel ons dinamiese en innoverende bemarkingstrategieë ons in staat om vinnig by veranderende marktoestande aan te pas. Hierdie benadering hou ons mededingend, versterk die sukses van ons produsente en verseker die langtermynvolhoubaarheid van sowel Goede Hoop Sitrus as Good Hope Marketing en die produsente.
“ Ons is lojaal teenoor GHS, maar nog belangriker is dat hulle ook lojaal teenoor ons as produsente staan.”— Dirk Olivier
“ Daarvoor het ons doelbewus wegbeweeg van’ n tradisionele verhandelingsmodel na’ n supermarkgerigte bemarkingstrategie. Dit stel ons in staat om sterker, meer volhoubare verhoudings met sleutelinvoerders en kleinhandelaars te ontwikkel, eerder as om bloot op korttermyntransaksies te fokus.”
Wayne Murray, GHS se bedryfsbestuurder, vertel dat hulle internasionale markte, waaronder Europa, die Verenigde Kon-