LANDBOU
Nikie is al die 6de geslag De Villiers wat in die Durbanvillearea boer . Sy pa se oupa was die oorspronklike eienaar van die plaas Doordekraal wat vandag ’ n woongebied met dieselfde naam huisves . Die plaas is mettertyd onderverdeel en broers en neefs het op die verskillende dele ’ n bestaan gemaak .
“ Na gedeeltes van Doordekraal verkoop is , het ons Morgenster gekoop . My pa is kort na dit in 1979 oorlede en ek moes as ’ n jong man die leisels van Morgenster vat ,” verduidelik Koos de Villiers . “ Later is Klein Roosboom , waar my broer Jean geboer het , en Ongegund , waar Hennie boer , gekoop .
Koos se vrou , Gillese , het ’ n groot liefde vir diere en onderhou hoenders , ganse en boerbokke . Sy
is ook ’ n internasionaal gerekende uithourit-perderuiter . Sy het al die meeste kompeterende kilometers van alle Suid-Afrikaanse deelnemers afgelê – ’ n ongelooflike 29 000 km in die saal op uithouritte . Nikie se vrou , Natasha , is die Durbanville-wynvallei se bestuurder .
“ Ons het in 1999 Ongegund ook bygekoop en ons familiegeskiedenis trap diep spore in die Durbanvillevallei . Maar ons familieboere is onder groot druk van die groter maatskappye wat baie plase opkoop en moet voortdurend ons potlode skerp maak om te kan oorleef ,” meen Nikie .
Op Morgenster is wingerd die hoofbron van inkomste , ondanks die feit dat die wynbedryf die afgelope
Spesifieke opleistelsels word gebruik om opbrengs te optimaliseer .
6 MARKtoe ! Julie 2024