MARKtoe! Julie 2024 - Uitgawe 117 | Page 7

LANDBOU

dekade of wat maar swaarkry . “ Ons en ons voorgeslagte was nog altyd wyndruifprodusente en verskaf hoë gehalte wyndruiwe aan kelders . Ons produksie bestaan tans uit sauvignon blanc , chardonnay , merlot , shiraz , pinot noir en cabernet sauvignon , maar merlot en sauvignon blanc floreer veral in ons terroir .

“ Morgenster se blokke het hul eie unieke mikroklimaat , wat ’ n groot rol speel . Om hierdie rede eksperimenteer ons met verskillende prieelstelsels om ons opbrengs maksimaal te benut . Met die merlot gebruik ons die Smart Dysonstelsel sodat die stokke meer sonlig op die trosse kan kry . Alternatiewelik gebruik ons ook die Guyot-stelsel en dit het ook met

sekere kultivars vrugte afgewerp . Dit is vir ons belangrik om so ver as moontlik noord-suid ry-rigtings te plant , met ons koel klimaat , vir vrugbaarheid . Maar die skuinstes en kontoere van Hooggeberg is ’ n uitdaging en ons pas rye aan vir optimale sonlig ,” verduidelik Koos . Nikie verduidelik dat met die Smart Dyson-stelsel word die lote opwaarts en afwaarts gebuig om ’ n groter produksie-area te vorm , ventilasie en ligverspreiding te verseker en sodoende die blaaroppervlak optimaal te benut . Dit verseker dat meer druiwe hul volle geurpotensiaal bereik .

“ Ek verkies die Guyot-stelsel op sauvignon blanc , waar lang lote elke jaar gevleg word . Die ogies verder uit op die lang lote is meer

Links : Die wingerde op Morgenster word met die hand bewerk . Regs : Een van die amandelboorde op Morgenster wat al ‘ n groot opbrengs lewer .
7 MARKtoe ! Julie 2024